Koepel Abattoir

Welkom by Koepel Abattoir

Koepel Abattoir is geleë te Vredefort in die Noord Vrystaat, 15km suid van Parys.

Die ontstaan en groei by Koepel Abattoir

Koepel an imageAbbattoir is gestig in 1995 toe daar begin is met slagtings van 5 beeste per dag en 1 keer per week was varke geslag. In hierde tyd was daar slegs 1 afleweringsvoertuig wat gebruik was om slagtings af te lewer. Vanaf 1995 was daar goeie groei en vooruitgang, slagtings het baie toegeneem en op hede word daar ongeveer 100 beeste per dag geslag asook lammers. Daar is tans ‘n totale hoeveelheid van 17 aflewerings voertuie.

Logistiek by Koepel Abattoir

Logistiek word met oorgawe en ywer op ‘n daaglikse basis gedoen. Hulle begin soggens om 4 uur met hul dagtaak. Elke voertuig word nagegaan om seker te maak dat die water, olie, bande, ligte ens. reg en op standaard is alvorens daar begin kanword om vleis te laai wat tot so ver as Nylstroom bemark word. Dit is baie belangrik dat die voertuie te alle tye padwaardig is. en dit is ook hulle verantwoordelikheid om daarna om te sien.Hulle beskik oor ‘n herstelvoertuig op die pad indien ‘n voertuig sou breek.Hulle sorg dat 17 aflewringsvoertuie op die pad bly.Dit is baie belangrik dat voertuie nie breek nie, aangesien ‘n bederfbare produk vervoer word.Die werkswinkel is volledig toegerus en kan enige hesrtelwerk behalwe ingeneurswerke doen. Die werkswinkel is 800 vierkante meter groot

Standaard en Kwaliteit by Koepel Abattoir

Die Abattoir word 6 keer per jaar deur die departement van landbou ge-oudit, en voldoen aan al die vereistes. Die Abattoir het 4 voltydse inspekteurs in diens, 7 bestuurspersoneel en 113 voltydse algemene werkers.

Missie van Koepel Abattoir

Koepel Abattoir se missie is om altyd na beter diens en kwaliteit te streef, wat vir ons ‘n tevrede kliënt verseker.

Verified by MonsterInsights